Baray

Baray Srah Srang in Angkor, Kambodja.

’n Baray is ’n soort reservoir wat ’n algemene element in die argitektuur van die Khmer-ryk van Suidoos-Asië was. Die grootstes hiervan is die Oos- en Wes-Baray in die Angkor-gebied. Albei is reghoekig, loop van oos na wes en is sowat 712 x 2 km groot. Historici verskil oor die betekenis en funksie van die barays. Sommige meen dit het bloot ’n spirituele doel gehad en het die See van die Skepping in Hindoeïsme verteenwoordig, terwyl ander glo dit was vir die besproeiing van landerye. Dit kon ook ’n kombinasie hiervan gewees het, of dalk het dit ’n ander doel gedien.

Die bou van barays kon gespruit het uit die bou van groot reservoirs in Oos-Indië.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search